16de Oscar-toekenningsaand
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die 16de Oscar-toekenningsaand is op 2 Maart 1944 deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences gehou om erkenning te gee aan rolprente van 1943. Die meer teatrale aanbieding het dit die voorloper gemaak van hedendaagse Oscar-aande.
![]() | ||
Datum | 2 Maart 1944 | |
Plek | Grauman's Chinese Theatre, Los Angeles | |
Aanbieder | Jack Benny | |
Pryse & benoemings | ||
Beste rolprent | Casablanca | |
Meeste pryse | The Song of Bernadette (4) | |
Meeste benoemings | The Song of Bernadette (12) |
Die animasiereeks Tom and Jerry het hul eerste Oscar gewen vir The Yankee Doodle Mouse nadat hulle twee keer agtereenvolgens benoem is sonder om te wen. Hulle het eindelik nog ses Oscars gewen, onder meer drie keer agtereenvolgens vir die volgende drie jaar, en is altesaam 13 keer benoem.
Manlike en vroulke byspelers het vir die eerste volgrootte-beeldjies huis toe geneem in plaas van kleiner beeldjies wat op ’n plaat aangebring is.
Dit was die laaste keer tot in 2009 dat die beste prent meer as 10 benoemings gekry het. The Ox-Bow Incident is die laaste prent wat net in dié kategorie benoem is.