From Wikipedia, the free encyclopedia
13P/Olbers of Olbers se Komeet is 'n komeet met 'n wentelperiode van 69 jaar. Dit pas die klassieke definisie van 'n Halleytipe komeet met 'n periode van tussen 20 en 200 jaar.[3] Die komeet is die vorige keer in 1956 gesien en is in Junie en Julie 2024 weer in die lug.
'n Skets van 13P/Olbers op 14 Oktober 1887 deur William Robert Brooks. | |
Ontdekking | |
---|---|
Ontdek deur: | Heinrich Olbers |
Ontdekkingsdatum: | 6 Maart 1815 |
Alternatiewe name: | 1815 E1; 1887 Q1; 1887 V; 1887f; 1956 A1; 1956 IV; 1956a |
Wenteleienskappe A | |
Afelium: | 32,56 AE |
Perihelium: | 1,175 AE |
Halwe lengteas: | 16,87 AE |
Eksentrisiteit: | 0,9303 |
Wentelperiode: | 69,3 jaar |
Baanhelling: | 44,67° |
Laaste perihelium: | 19 Junie 1956[1] |
Volgende perihelium (voorspel): | 30 Junie 2024[2][1] |
Heinrich Wilhelm Matthias Olbers het die komeet op 6 Maart 1815 ontdek en dit as klein beskryf. Die komeet het op 26 April 1815 perihelium en 'n skynbare magnitude van sowat 5 bereik.[4] Dit was dofweg met die blote oog te sien.[5] Sy wentelbaan is op 31 Maart die eerste keer bereken deur Carl Friedrich Gauss as parabolies, en Friedrich Bessel het van waarnemings in Junie 'n wentelperiode van 73,9 jaar uitgewerk. Berekenings deur ander sterrekundiges vir dié tydperk het gewissel tussen 72 en 77 jaar.[4] Moderne berekenings dui op 'n wentelperiode van 74,9 jaar vir die 1815-epog.
In 1887 was daar onsuksesvolle soektogte na die komeet, totdat dit op 25 Augustus per ongeluk deur William Robert Brooks gevind is.[4] Hy het 'n helder kern en dowwe stert beskryf; dit het 'n paar dae lank helderder geword ná perihelium.[7] Eindelik het die komeet 'n skynbare magnitude van 9 bereik.[5] Op 28 Julie 1887 het dit 0,081 AE van Mars af verbybeweeg.[6]
Die komeet is op 4 Januarie 1956 weer deur Antonín Mrkos opgespoor, toe sy skynbare magnitude 16 was.[5] Die komeet het op 19 Junie 1956 perihelium en 'n skynbare magnitude van 6,5 bereik. Sy stert was sowat 'n graad lank.[4]
Op 24 Augustus 2023 is die komeet deur Alan Hale opgespoor. Dit het 'n skynbare magnitude van sowat 22 gehad.[6] Op 14 Januarie 2024 het dit 'n geraamde magnitude van 15,3 gehad. Dit het 'n gekondenseerde koma van sowat 0,9 boogminute breed en 'n dowwe stert van 'n boogminuut lank gehad. Teen 10 Maart 2024 het die komeet verhelder tot 'n magnitude van 11,4 en die koma was 4 boogminute breed.
Op 12 April het dit 'n magnitude van 9,2 gehad.[10] Dit het op 30 Junie 2024 perihelium bereik.
Nadat die komeet in 2024 gesien is, is die nuwe voorspelling van sy volgende perihelium 20 Maart 2094.[11]
Daar is spekulasies dat 13P/Olbers 'n meteoorreën op Mars veroorsaak wat uit die rigting van die sterrebeeld Groot Hond kom.[12]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.