12de Oscar-toekenningsaand
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die 12de Oscar-toekenningsaand is op 29 Februarie 1940 deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences gehou om erkenning te gee aan rolprente van 1939.[1] Bob Hope was vir die eerste (van 19) keer die aanbieder.
12de Oscar-toekenningsaand
| ||
Datum | 29 Februarie 1940 | |
Plek | Ambassador Hotel, Los Angeles | |
Aanbieder | Bob Hope | |
Pryse & benoemings | ||
Beste rolprent | Gone with the Wind | |
Meeste pryse | Gone with the Wind (10) | |
Meeste benoemings | Gone with the Wind (13) |
Gone with the Wind het die meeste benoemings ontvang: altesaam 13. Dit was die eerste jaar waarin ’n Oscar toegeken is vir beste visuele effekte, asook waarin twee pryse vir kinematografie toegeken is: vir ’n kleur- en ’n swart-wit prent.
Hattie McDaniel was die eerste swart Amerikaner wat ’n Oscar gewen het, as beste vroulike byspeler vir Gone with the Wind.
Dit was die eerste Oscar-aand wat verfilm is. Die tydskrif Variety Magazine het geskryf die sterre was selfbewus vanweë die kameras en die geleentheid is gekenmerk deur modebewuste aktrises in die beste rokke, pelse en juweliersware.