10de Oscar-toekenningsaand
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die 10de Oscar-toekenningsaand is op 10 Maart 1938 deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences gehou[1] om erkenning te gee aan rolprente van 1937. Dit sou oorspronklik op 3 Maart gehou word, maar is uitgestel weens oorstromings in Los Angeles. Die aanbieder was die komediant Bob Burns.
10de Oscar-toekenningsaand
| ||
Datum | 10 Maart 1938 | |
Plek | Biltmore Hotel, Los Angeles, Kalifornië | |
Aanbieder | Bob Burns | |
Pryse & benoemings | ||
Beste rolprent | The Life of Emile Zola | |
Meeste pryse | The Life of Emile Zola (3) | |
Meeste benoemings | The Life of Emile Zola (10) |
Dit was die laaste jaar waarin Oscars toegeken is aan die beste dansafrigting en assistent-regisseur, en die eerste jaar waarin die Irving G. Thalberg-gedenkprys toegeken is. Die wenner, Darryl F. Zanuck, het die meeste Thalbergs nog gekry: altesaam drie.
The Life of Emile Zola was die eerste rolprent wat 10 benoemings gekry het. Met haar prys vir The Good Earth was Luise Rainer die eerste aktrise wat twee Oscars gewen het. Sy was ook die eerste akteur wat twee jaar agtereenvolgens gewen het.
A Star is Born was die eerste kleurprent wat ’n benoeming vir beste prent ontvang het.