Île de l'Est
From Wikipedia, the free encyclopedia
From Wikipedia, the free encyclopedia
Île de l'Est (Ooseiland) is die mees oostelike en tweede grootste eiland in die Crozeteilande. Dit is 18 km oos van Île de la Possession. Die eiland se oppervlak is ongeveer 100 km2. Dit is bergagtig met styl kushange en verskeie diep valleie wat deur gletsers uitgekerf is. Mont Marion-Dufresne is teen 1 090 m nie net die hoogste piek op die eiland nie maar is ook die hoogste punt in die Crozeteilande.
Île de l'Est Inheemse naam: Île de l'Est | |
---|---|
Île de la Possession (links) en Île de l'Est (regs) | |
Geografie | |
Ligging | Suidelike Oseaan |
Koördinate | 46°26′S 52°18′O |
Argipel | Crozeteilande |
Oppervlakte | 130 vk km |
Hoogste punt | Mont Marion-Dufresne 1 050 m |
Administrasie | |
Frankryk | |
Oorsese gebied | Crozeteilande |
Marion-Dufresne het die eiland in 1772 tydens die ontdekking van die Crozeteilande Île Aride gedoop. Engelse en Amerikaanse robjagters het dit, as gevolg van die eiland se ligging, East Island genoem. Guillaume Lesquin gee dit in 1825 die naam Île Chabrol ter ere van Comte Chabrol de Crouzo, Vlootminister onder Charles X.
Daar is geen menslike teenwoordigheid op die eiland nie en daar is tans geen soogdiere op die eiland nie. Soos die ander Crozeteilande het Île de l'Est 'n ryk voëllewe. Meer as 'n miljoen Marionwalvisvoëls broei op die eiland wat tagtig persent van die wêreld bevolking verteenwoordig. 'n Klein bevolking van Eaton se Pylsterteend in die vorm Anas eatoni drygalskyi kom ook op die eiland voor.
Die eiland bied ook tuiste aan meer as 'n miljoen pikkewyne. 100-duisend Koningpikkewyne broei op die eiland, 900000 Langkuifpikkewyne, 93000 Oostelike Geelkuifpikkewyn en 9000 Witoorpikkewyne.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.