Hierdie bladsy bevat wigskrif. Sonder die regte lettertipe sal jy blokkies of snaakse tekens sien. Jy kan die regte lettertipe hier kry.
Die Sumeriese term É.GAL ("paleis", letterlik "groot huis") het ’n stad se hoofgebou aangedui. É.LUGAL ("koningshuis") is as ’n sinoniem gebruik. In die tekste van Lagasj is die É.GAL die sentrum van die ensi se administrasie in die stad en die plek van die stadsargief.[2]
Die Sumeriese woord É.GAL vir "paleis" is die waarskynlike etimologie van Semitiese woorde vir "paleis" of "tempel", soos die Hebreeuse היכל (heichal)[3] en die Arabiese هيكل (haikal). Die oorsprong van die woord É kon dus iets soos *hai of *ˀai gewees het.
E-ab-lua (Huis met wemelende beeste), ’n tempel vir Suen in Urum
E-ab-shaga-la (Huis wat oor die middel van die see strek), vir Ninmarki in Gu-aba
E-abzu (tempel van die ondergrondse waters), vir Enki in Eridu
Aage Westenholz, Old Sumerian and old Akkadian texts in Philadelphia, vol. 3 van Carsten Niebuhr Institute Publications, vol. 1 van Bibliotheca Mesopotamica, Museum Tusculanum Press, 1987, ISBN 978-87-7289-008-1,p. 96