Vier Edel Waarhede
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Vier Edel Waarhede is die waarhede van die edeles wat sentraal tot die leerstellings van Boeddhisme is: hierdie wêreldse bestaan is basies onbevredigend, maar daar is ’n pad na bevryding van die siklus van geboorte en die dood.
Kitsfeite
Vier Edel Waarhede | ||
Die Boeddha leer sy volgelinge die Vier Edel Waarhede (Sanskrit-manuskrip, Bihar, Indië). | ||
Vertalings | ||
Sanskrit | चत्वारि आर्यसत्यानि (catvāri āryasatyāni) | |
Pali | cattāri ariyasaccāni | |
Bengaals | চতুরার্য সত্য (chôturarjô sôtyô) | |
Singalees | චතුරාර්ය සත්ය | |
Tibettaans | འཕགས་པའི་བདེན་པ་བཞི་ ('phags pa'i bden pa) | |
Thai | อริยสัจสี่ | |
Viëtnamees | Tứ Diệu Đế | |
Vereenvoudigde Sjinees | 四圣谛 | |
Pinyin | sìshèngdì | |
Japannees | 四諦 (sjitai) | |
Koreaans | 사성제 (sa-seong-je) |
Sluit
In die soetras het die vier waarhede beide ’n simboliese as ’n aanloklike funksie. Hulle verteenwoordig die ontwaking en bevryding van die Boeddha, maar ook die moontlikheid van bevryding vir alle mense omdat dit beskryf hoe verlossing van lyding behaal kan word.
Baie Boeddhistiese onderwysers hou dié waarhede voor as die essensie van Boeddhistiese leringe, maar hul belangrikheid het mettertyd ontwikkel en ander, ouer leringe vervang oor prajna (wysheid) of bevrydende insig.[1][2]