Vernon Philander
Krieket speler van Suid-Afrika / From Wikipedia, the free encyclopedia
Vernon Darryl Philander (gebore 24 Junie 1985 in Bellville, Kaapstad) is 'n uitgetrede Suid-Afrikaanse krieketspeler. Hy is 'n regterarm-bouler en veelsydige speler, en het voorheen sy land op senior en onder-19 vlak verteenwoordig. Hy speel vir die Kaapse Kobras in plaaslike Suid-Afrikaanse krieket.
Vernon Philander | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|
Philander speel vir Suid-Afrika teen Somerset in 2012. | ||||||
Volle naam | Vernon Darryl Philander | |||||
Gebore | 24 Junie 1985 (1985-06-24) (38 jaar oud) Ravensmead, Bellville, Wes-Kaap, Suid-Afrika | |||||
Bynaam(e) | Pro, V-Dawg, Big Vern | |||||
Kolfstyl | Regshandig | |||||
Boulstyl | Regterarm vinnig | |||||
Rol | Veelsydig | |||||
Internasionale geskiedenis | ||||||
Nasionale span | Suid-Afrika | |||||
Toetsdebuut (no 311) | 9 November 2011 v Australië | |||||
Laaste Toets | 24 Januarie 2020 v Engeland | |||||
Toetshempno. | 75 | |||||
EDI debuut (no 86) | 24 Junie 2007 v Ierland | |||||
Laaste EDI | 23 Augustus 2015 v Nieu-Seeland | |||||
EDI hempno. | 24 | |||||
T20I debuut (no 29) | 11 September 2007 v Wes-Indië | |||||
Laaste T20I | 16 Desember 2007 v Wes-Indië | |||||
T20I hempno. | 24 | |||||
Eersterangse spaninligting | ||||||
Jaar(e) | Span | |||||
2001–2009 | Westelike Provinsie | |||||
2004 | Devon | |||||
2004- | Kaapse Kobras | |||||
2008 | Middlesex | |||||
2012 | Somerset | |||||
2013 | Kent | |||||
2013– | Jamaica Tallawahs | |||||
Loopbaanstatistiek | ||||||
Kompetisie | Toetse | EDI | 1e rang | A-lys | T20I | |
Wedstryde | 64 | 30 | 168 | 129 | 7 | |
Lopies aangeteken | 1,779 | 151 | 4,941 | 1,418 | 14 | |
Kolfgemiddeld | 24.04 | 12.58 | 25.88 | 23.63 | 3.50 | |
100s/50s | 0/8 | 0/0 | 2/15 | 0/5 | 0/0 | |
Hoogste telling | 74 | 30 | 168 | 79* | 6 | |
Aflewerings geboul | 11391 | 1279 | 29,108 | 5,419 | 83 | |
Paaltjies | 224 | 41 | 580 | 129 | 4 | |
Boulgemiddeld | 22.32 | 24.04 | 21.84 | 32.61 | 28.50 | |
5 paaltjies in 'n kolfbeurt | 13 | 0 | 24 | 0 | 0 | |
10 paaltjies in 'n wedstryd | 2 | n/a | 2 | - | - | |
Beste boulontleding | 6/21 | 4/12 | 7/61 | 4/12 | 2/23 | |
Vangskote/Stonkings | 17/– | 6/- | 41/- | 12/- | 1/- | |
Bron: Cricinfo, 28 Januarie 2020 |
Philander maak sy EDI-debuut op sy 22ste verjaarsdag, teen Ierland in Belfast. Hy neem 4 paaltjies vir slegs 12 lopies, wat die wedstryd vir die Proteas beklink het. Hy het onder meer tydens die T20I-wêreldbeker 2007 en Krieketwêreldbeker 2015 vir Suid-Afrika gespeel.
Hy is as die tweede beste bouler en derde beste veelsydige speler in die wêreld gereken deur die IKR (gedurende Mei 2013). Die beste bouler op daardie stadium was Dale Steyn en die beste veelsydige speler Jacques Kallis, beide Suid-Afrikaners.
Philander het Engelse graafskapskrieket gespeel, eers vir Middlesex in April en Mei 2008, Somerset in April en Mei 2012, en laastens vir Kent in Julie 2013.[1] Hy het sy uittrede uit internasionale krieket aangekondig in Januarie 2020.[2]