Sylvester Stallone
Amerikaanse akteur, regisseur en draaiboekskrywer / From Wikipedia, the free encyclopedia
Sylvester Gardenzio "Sly" Stallone[1][2][3] (geb. 6 Julie 1946) is ’n Amerikaanse akteur, regisseur, vervaardiger en draaiboekskrywer.[4] Hy is bekend vir sy Hollywood-aksierolle, veral die bokser Rocky Balboa, die titelkarakter van die reeks Rocky-rolprente, in sewe prente tussen 1976 en 2015; die soldaat John Rambo van die Rambo-reeks tussen 1982 en 2008; en Barney Ross in die drie The Expendables-films tussen 2010 en 2014. Hy het die meeste van die draaiboeke in dié drie reekse geskryf of help skryf, en was die regisseur van baie.
Sylvester Stallone | |
Stallone in Augustus 2012. | |
Geboortenaam | Sylvester Gardenzio Stallone |
---|---|
Geboorte | 6 Julie 1946 (1946-07-06) (77 jaar oud) New York-stad, VSA |
Nasionaliteit | Amerikaans |
Beroep(e) | Akteur, regisseur, draaiboekskrywer |
Aktiewe jare | 1970–tans |
Webwerf | www.sylvesterstallone.com |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
In 1977 is Stallone vir twee Oscars benoem vir Rocky – vir beste oorspronklike draaiboek en beste akteur. Hy was net die derde persoon wat vir dieselfde rolprent in albei dié kategorieë benoem is, naas Charlie Chaplin en Orson Welles.[5] Hy het goeie resensies gekry vir sy uitbeelding van Rocky Balboa in Ryan Coogler se 2015-rolprent Creed, asook sy eerste Golden Globe en derde Oscar-benoeming.