Sof Omar-grotte
From Wikipedia, the free encyclopedia
Sof Omar is ’n stelsel grotte wat op 15,1 km die langste in Ethiopië is. Toe dit in 1972 gemeet is, was dit die langste in Afrika, maar sedertdien is langer grotte in Algerië (Tafnariviergrot, 18,4 km) en Madagaskar (Krokodilgrot, 18,1 km) ontdek.[1] Die grotte is geleë oos van Robe in die Balesone van die Oromia-streek in Suidoos-Ethiopië, waardeur die Weyibrivier (Gestrorivier) vloei.[2] Dit sak ondergronds by die Ayiew Maco-ingang en verskyn weer bogronds by Holuca sowat 1 km van daar. Volgens tradisie was Sof Omar ’n Moslemheilige wat in die gebied gewoon het en Ayiew die naam van sy dogter. Maco en Holuca is plaaslike terme vir onderskeidelik "naam" en "grot". Dit is al lank ’n godsdienssentrum en is heilig vir beide Moslems en plaaslike Oromo's. Die grotte is bekend vir hulle pilare, veral in die "Pilaarkamer".
Sof Omar-grotte | |
---|---|
Die Pilaarkamer in die Sof Omar-grotte. | |
Ligging | Bale-provinsië Ethiopië |
Koördinate | 6°54′22.7″N 40°50′41.6″O |
Lengte | 15,1 km |
Ontdek | 1897 |