São Paulo
grootste stad in Brasilië en hoofstad van die staat São Paulo / From Wikipedia, the free encyclopedia
São Paulo (Portugees: [sɐ̃w̃ ˈpawlu], luister (hulp·inligting); letterlik: "Sint Paulus") is die hoofstad van die gelyknamige deelstaat in suidoostelike Brasilië. Dit is geleë op die koördinate 23°33′S, 46°38′W sowat 400 km vanaf Rio de Janeiro en 1 030 km vanaf die federale hoofstad Brasília.
- Hierdie artikel handel oor die stad São Paulo. Vir die gelyknamige deelstaat en ander nedersettings, sien São Paulo (dubbelsinnig).
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Brasilië |
Deelstaat | São Paulo |
Koördinate | 23°33′S 46°38′W |
Gestig op | 25 Januarie 1554 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 1 521,11 vk km |
Hoogte bo seevlak | 760 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2020) | 12 400 232 |
- Bevolkingsdigtheid | 8 005,25/vk km |
Tydsone | UTC -3 (BRT) |
Burgemeester | Ricardo Nunes (MDB) |
Amptelike webwerf | capital.sp.gov.br |
Die stad het 'n oppervlakte van 1 521 vierkante kilometer met 'n bevolking van ietwat meer as 12 miljoen, wat dit die stad met die grootste bevolking in die Suidelike Halfrond maak. Negentien miljoen mense woon in die metropolitaanse gebied van Groter São Paulo, soos deur die regering afgebaken, wat dit een van die vyf grootste metropolitaanse gebiede ter wêreld maak.
Die deelstaat São Paulo is ook 'n hoogs bevolkte gebied. Die staat as sulks het 'n bevolking van om en by 40 miljoen mense. Die mense van Brasilië verwys na die inwoners van São Paulo as paulistanos en gebruik die term paulista vir mense wat in die staat woon. Die stad se leuse is Non ducor, duco, wat Latyns is vir "Ek word nie gelei nie, ek lei". São Paulo was een van die gasheerstede tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1950, die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2013 en die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2014.