Rooi Terreur (Ethiopië)
From Wikipedia, the free encyclopedia
Kay Shibbir (Amharies: ቀይ ሽብር ḳäy šəbbər), ook bekend as die Ethiopiese Rooi Terreur, was ’n gewelddadige politieke onderdrukkingsveldtog van 1976 tot 1977 deur die Derg teen ander, mededingende Marxisties-Leninistiese groepe in Ethiopië en Eritrea. Dit was ’n poging om die Derg se heerskappy te konsolideer tydens die politieke onstabiliteit ná die omerwerping van keiser Haile Selassie in 1974 en die daaropvolgende Ethiopiese Burgeroorlog.
Die Kay Shibbir was gebaseer op die Rooi Terreur van die Russiese Burgeroorlog en het veral sigbaar geword nadat Mengistu Haile Mariam op 3 Februarie 1977 voorsitter van die Derg geword het. Daar word geraam dat tussen 30 000 en 750 000 mense tydens die Kay Shibbir dood is.[1][2][3]
In 2007 en 2008 is Mengistu in absentia deur Ethiopië verhoor vir sy rol in die Kay Shibbir terwyl hy leier van die Derg was. Hy is skuldig bevind aan volksmoord en in Januarie 2007 tot lewenslange tronkstraf gevonnis. Hy is daarna die doodstraf opgelê, maar het intussen na Zimbabwe gevlug, waar hy steeds sover bekend in bannelingskap woon.