Hongaars-Amerikaanse oorlogsfotograaf en fotojoernalis From Wikipedia, the free encyclopedia
Robert Capa (geb. Endre Friedmann; 22 Oktober 1913 – 25 Mei 1954) was ’n Hongaarse oorlogsfotograaf en fotojoernalis wat foto's in vyf verskillende oorloë geneem het: Die Spaanse Burgeroorlog, die Tweede Sjinees-Japannese Oorlog, die Tweede Wêreldoorlog regdeur Europa, die Arabies-Israeliese Oorlog van 1948 en die Eerste Indo-Sjinese Oorlog.
Robert Capa | |
---|---|
Robert Capa in Spanje met ’n Eyemo-16 mm-rolprentkamera (foto deur Gerda Taro). | |
Gebore | Endre Ernő Friedmann 22 Oktober 1913 |
Sterf | 15 Mei 1954 (op 40) Thai Binh, Viëtnam |
Nasionaliteit | Hongaars |
Beroep | Fotograaf |
Hy is in Hongarye gebore as Endre Ernő Friedmann, maar het die land op ’n jong ouderdom verlaat weens sy politieke betrokkenheid by teenstanders van die fascistiese regering. Hy wou aanvanklik ’n skrywer word, maar het eerste ’n fotografiewerk in Berlyn gekry en van die kunsrigting begin hou. In 1947 het Capa Magnum Photos in Parys gestig saam met ’n paar ander fotograwe, onder andere David Seymour en Henri Cartier-Bresson. Dit was die eerste koöperatiewe agentskap vir vryskutfotograwe.
Capa is bekend daarvoor dat hy oorlogstydse fotojoernalistiek herdefinieer het. Hy het sy foto's in die loopgrawe geneem en nie van armlengte-afstande af soos wat die norm voorheen was nie. Hy was bekend vir die sêding: "As jou foto's nie goed genoeg is nie, was jy nie naby genoeg nie."[1]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.