Puntdeeltjie
From Wikipedia, the free encyclopedia
'n Puntdeeltjie (ook puntpartikel, ideale deeltjie[1] of puntagtige deeltjie) is 'n idealisering van deeltjies wat volop gebruik word in fisika. Sy kenmerk is dat dit nie grootte besit nie: nul-dimensioneel, betekenende dat dit nie ruimte in beslag neem nie.[2] 'n Puntdeeltjie is 'n gepaste voorstelling van enige voorwerp wie se grootte, vorm en struktuur irrelevant is in 'n gegewe konteks. Byvoorbeeld, van ver genoeg weg, sal 'n voorwerp van enige vorm lyk en optree soos 'n puntagtige voorwerp.
In die teorie van swaartekrag, bespreek fisici dikwels 'n puntmassa, wat beteken 'n puntdeeltjie met 'n nie-nul massa en geen ander eienskappe of struktuur nie. Net so in elektromagnetisme, bespreek fisici 'n puntlading, 'n puntdeeltjie met 'n nie-nul elektriese lading.[3]
Soms, as gevolg van spesifieke kombinasies van die eienskappe, sal verlengde voorwerpe optree soos puntagtig selfs in hul onmiddellike omgewing. Byvoorbeeld, sferiese voorwerpe in 3-dimensionele ruimte wie se interaksies beskryf word deur die inverse kwadraat wet gedra hulle op so 'n wyse as of al hulle materie gekonsentreer is in hul massasenters. In Newton gravitasie en klassieke elektromagnetisme, is byvoorbeeld die onderskeie velde buite 'n ronde voorwerp identies aan dié van 'n puntdeeltjie van gelyke lading/massa geleë op die middelpunt van die sfeer.[4][5]
In kwantum meganika, word die konsep van 'n puntdeeltjie gekompliseer deur die Heisenberg se onsekerheidsbeginsel, want selfs 'n elementêre deeltjie, met geen interne struktuur, beslaan 'n nie-nul volume. Byvoorbeeld, die atomiese wentelbaan van 'n elektron in die waterstofatoom beslaan 'n volume van ~10-30 m3. Daar is nogtans 'n onderskeid tussen elementêre deeltjies soos elektrone of kwarke, wat geen bekende interne struktuur het nie, teenoor saamgestelde deeltjies soos protone, wat wel interne struktuur het: 'n proton bestaan uit drie kwarke. Elementêre deeltjies word soms "puntdeeltjies" genoem, maar dit word bedoel in 'n ander sin as wat hierbo bespreek is.