Patroklos
From Wikipedia, the free encyclopedia
In die Griekse mitologie, soos vertel in Homeros se Ilias,[1] was Patroklos (Grieks: Πάτροκλος, "glorie van die vader") ’n goeie vriend van Achilles. Hy was die seun van Menoetius, seun van Aktor,[2][3] die koning van Opus, en deur sy ouma Aigina, Achilles se kleinneef.