Pan (mitologie)
From Wikipedia, the free encyclopedia
Pan (Grieks: Πάν) was in die Griekse mitologie die metgesel van die nimfe[1] en die god van die herders, kuddes en volksmusiek – en hy is daarom ook verbind met vrugbaarheid en die lente. Hy het die agterlyf, bene en horings van ’n bok gehad en sy tuisland was die landelike Arkadië.
Kitsfeite Naam, God van ...
Pan | |
---|---|
Griekse god | |
Pan leer die herder Dafnis om die panfluit te speel, Romeinse kopie (2de eeu n.C.) van die Griekse oorspronklike werk (omstreeks 100 v.C.), moontlik van Heliodorus, in Pompeji gevind. | |
Naam | Pan |
God van | Herders, kuddes, volksmusiek |
Blyplek | Arkadië |
Ouers | Hermes en Penelope |
Kinders | Panes |
Romeinse eweknie | Faunus |
Sluit
Sy eweknie in die Romeinse mitologie was Faunus, ’n natuurgees.