Noord-Kaap
Provinsie van Suid-Afrika From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Noord-Kaap (Engels: Northern Cape, Tswana: Kapa Bokone, Xhosa: uMntla-Koloni) is die grootste en ylbevolkste provinsie van Suid-Afrika. Die hoofstad en grootste stad is Kimberley. Die provinsie is gestig toe die ou Kaapprovinsie in 1994 in drie nuwe provinsies, die Wes-, Oos- en Noord-Kaap verdeel is.

![]() Vlag |
![]() Wapen |
![]() | |
Hoofstad | Kimberley |
Grootste stad | Kimberley |
Premier | Zamani Saul (ANC) |
Oppervlakte – Totaal |
Geranglys 1ste 361 830 vk km |
Bevolking[1] - Totaal (2011) - Bev.digtheid |
Geranglys 9de 1 145 861 3,1 / vk km |
Geloofsoortuigings | Christene (94,8%), geen (3,5%), res (1,6%) |
Tale[1] | Afrikaans (53,8%), Tswana (33,1%), Xhosa (5,3%), Engels (3,4%), Suid-Sotho (1,3%) |
Etniese verdeling[1] | Swart mense (50,4%), Bruin mense (40,3%), Wit mense (7,1%), Asiërs (0,7%) |
Ander belangrike plekke is Upington, Carnarvon, Colesberg, De Aar, Kuruman en Springbok. Suid-Afrika se koudste dorp, Sutherland, het 'n sterrewag wat al hoe belangriker word as 'n astronomiese observasiesentrum van wêreldklas.
Demografie

Geen meerderheidstaal
- Bevolking (2011-sensus): 1 145 861. Mees ylbevolkte Suid-Afrikaanse provinsie.
- Tale: Afrikaans (53,8%), gevolg deur Tswana (33,1%).
Distrikte
Geografie
Oppervlakte: Sowat 361 830 vierkante kilometer – die grootste provinsie wat 29,7% van die land beslaan.
Ligging en topografie

Die Noord-Kaap word begrens deur die Atlantiese Oseaan in die weste, die lande Namibië en Botswana in die noorde, die provinsie Wes-Kaap in die suide en die provinsies Noordwes, Vrystaat en Oos-Kaap in die ooste. Die Noord-Kaap is 'n plat, klipperige wêreld, yl begroei en droog (gemiddeld slegs sowat 250 mm reën per jaar). Die suide is 'n deel van die Groot Karoo, terwyl die Kalahariwoestyn vanuit Botswana in die noorde oor die provinsie reik. Dis 'n harde wêreld, wat darem ryklik getemper word deur die beroemde veldblomme wat in die lente in Namakwaland ontluik. Van die veldblomme is inheems, maar die gewildste plant, die kosmos, is 'n indringer van Amerika. En dan is daar die Oranjerivier, wat soos 'n lint van lafenis deur die dorsland sny en in die Atlantiese Oseaan uitmond.
Ekonomie
Die Noord-Kaap is ryk aan minerale (asbes, koper, ystererts, mangaan, gips, edelstene) en het die grootste diamantneerslae in die land. Dit is skaapwêreld, maar die provinsie het ook sy kwota wynmakers en sitrusvrugteboere.
Wet en regering
Die huidige premier van die Noord-Kaap is Zamani Saul. Hy is van die ANC.
Die Noord-Kaapse Provinsiale Wetgewer se setel is in Kimberley en dit voer wetgewing deur volgens die provinsiale belange, wat in die Grondwet van Suid-Afrika bepaal is, onder meer op die gebied van landbou, onderwys, omgewingsake, gesondheidsorg, behuising, taalbeleid, toerisme, handel en welvaart.
Verwysings
Bronne
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.