Mickey Muis
From Wikipedia, the free encyclopedia
Mickey Muis is een van die oudste figuurtjies uit die strokiesprente van Walt Disney. Mickey is 'n vermenslikte muis wat gewoonlik 'n rooi kortbroek, groot geel skoene en wit handskoene dra. Hy is een van die herkenbaarste fiktiewe karakters ter wêreld.
Kitsfeite Skepping, Eerste verskyning ...
Mickey Muis | |
Skepping | |
---|---|
Eerste verskyning | Plane Crazy 18 Nov (1928)[1] |
Geskep deur | Walt Disney |
Inligting | |
Spesie | Muis |
Geslag | Manlik |
Nasionaliteit | Amerika |
Sluit
Mickey verskyn gewoonlik saam met onder andere sy meisie, Minnie Muis, sy hond, Pluto, sy vriende Donald Duck en Goofy, en sy nemesis, Pete.