Mejuffrou Groot Internasionaal
From Wikipedia, the free encyclopedia
Mejuffrou Groot Internasionaal (Engels: Miss Grand International), gewoonlik as MGI geskryf, is die titel van die wenner van 'n internasionale skoonheidskompetisie vir ongetroude dames, Dit is die eerste keer in 2013 in Thailand gehou. Die funksie van die Mej. Groot Internasionaal-wenner is om die leuse van die kompetisie, "Stop die oorloë en geweld", uit te leef deur bewustheid te skep.
(en) Miss Grand International | |
Algemene inligting | |
---|---|
Sinonieme | MGI |
Tipe | Beperkte aanspreeklikheidsmaatskappy |
Leuse | (en) Stop the wars and violence |
Geskiedenis | |
Gestig | 6 November 2013; 10 jaar gelede (2013-11-06) |
Stigter | Nawat Itsaragrisil |
Bestuur | |
President | Nawat Itsaragrisil |
Visepresident | Teresa Chaivisut |
Miss Grand international | Luciana Fuster (2023) |
Operasionele gebied | Wêreldwyd |
Hoofkantoor | Bangkok, Thailand |
Lede | Meer as 70 lande |
Verwante organisasie | |
Eienaar | Miss Grand International Co, Ltd. |
Sub-organisasie | Miss Grand Thailand |
Aanlynmedia | |
Amptelike webwerf | MissGrandInternational |
Mejuffrou Groot Internasionaal 2020 |
Die eerste Mej. Groot Internasionaal was Janelee Chaparro van Puerto Rico. Mej. Groot Internasionaal-wenners is ook verantwoordelik vir bemarkings- en gemeenskapswerk.[1][2]
Die huidige Mej. Groot Internasionaal is op Saterdag 4 Desember 2021 in Bangkok, Thailand gekroon. Nguyễn Thúc Thùy Tiên van Viëtnam het tydens die 9de Mej. Groot Internasionaal-kompetisie met die kroon weggestap. Andrea Aguilera van Ecuador is aangewys as eerste prinses en Lorena Rodrigues van Brasilië as tweede prinses.[3]
In 2019 het Belindé Schreuder (23), van Centurion in die Gautengprovinsie, Suid-Afrika verteenwoordig en deurgedring tot die top-20. Deelnemers van 60 lande het aan die kompetisie deelgeneem.[4]