Linux
vrye bedryfstelselkern vir rekenaars / From Wikipedia, the free encyclopedia
Linux is 'n vrye bedryfstelselkern vir 'n verskeidenheid van rekenaars. Die naam "Linux" word ook baie gebruik om te verwys na volledige bedryfstelsels wat van die Linux-kern gebruik maak. Linux is aanvanklik deur Linus Torvalds geskryf omdat hy graag 'n Unix-bedryfstelsel vir sy Intelgebaseerde persoonlike rekenaar wou hê.[4][5] Sedertdien het duisende mense oor die internet ingespring om dit te verbeter. Dit is gebaseer op Unix maar die bronkode is vryelik beskikbaar.
Ontwikkelaar | ||
---|---|---|
Die gemeenskap | ||
Webblad | kernel | |
Vrystellings | ||
Aanvanklike vrystelling | 17 September 1991; 32 jaar gelede (1991-09-17) | |
Huidige weergawe | 6.8.9[1] (2 Mei 2024) | |
Bronkodemodel | Hoofsaaklik oopbron eiendom sagteware ook beskikbaar | |
Lisensie | GPLv2[2] en ander vrye asook oopbron-lisensies, behalwe vir die "Linux" handelsmerk[3] | |
Kerntipe | Unix | |
Taal(e) | Veeltalig | |
Platforms wat ondersteun word | Alpha, ARC, ARM, AVR32, Blackfin, C6x, ETRAX CRIS, FR-V, H8/300, Hexagon, Itanium, M32R, m68k, META, Microblaze, MIPS, MN103, Nios II, OpenRISC, PA-RISC, PowerPC, s390, S+core, SuperH, SPARC, TILE64, Unicore32, x86, Xtensa | |
Ondersteuningstatus | ||
Verdere leesstof |
'n Linux-verspreiding (Engels: distribution) is 'n Unix-gebaseerde bedryfstelsel vir persoonlike rekenaars of bedieners, en is die algemene manier waarop 'n Linux-stelsel beskikbaar gestel word. Dit verpak Linux saam met 'n klomp programme van die GNU- en ander projekte. Sulke volledige bedryfstelsels word soms GNU/Linux-stelsels genoem, alhoewel dit algemeen slegs "Linux" genoem word.
Linux is aanvanklik geskryf vir Intel 386-rekenaars en veral gewild geword onder entoesiaste. Dit het daarna geleidelik gewild geword as bedienerbedryfstelsel en geleidelik al hoe meer korporatiewe reuse se aandag getrek, soos IBM, Hewlett-Packard en Novell. Nou word Linux ook geleidelik meer op hoofstroom- persoonlike rekenaars gebruik. Linux word egter ook op 'n groot verskeidenheid ander toestelle gebruik; van klein draagbare toestelle en netwerktoerusting, tot superrekenaars.