Lineêr B
From Wikipedia, the free encyclopedia
Lineêr B is ’n lettergreepskrif wat gebruik is om Miceense Grieks, die vroegste bekende vorm van Grieks, mee te skryf. Dit was in gebruik verskeie eeue voor die Griekse alfabet. Die vroegste Miceense geskrifte dateer uit omstreeks 1450 v.C.[1] Dit kom van Lineêr A, ’n onontsyferde skrif waarin Minoïes geskryf is.
Lineêr B | ||||
Soort skryfstelsel | Lettergreepskrif, met bykomende ideogramme | |||
Tyd gebruik | Laat Bronstydperk | |||
Rigting | Links na regs | |||
Tale | Miceense Grieks | |||
Stelsels | ||||
Moederstelsels | Lineêr A
| |||
Susterstelsels | Sipries-Minoïese lettergreepskrif | |||
ISO 15924 | Linb, 401 | |||
Unicode | U+10000–U+1007F sillabiese tekens U+10080–U+100FF ideogramme | |||
Nota | ||||
Hierdie bladsy kan fonetiese IFA-simbole of letters uit ander alfabette bevat | ||||
|
Lineêr B, wat hoofsaaklik voorgekom het in paleisargiewe by Knossos, Sinodië,[2] Pylos, Thebe en Micene,[3] het verdwyn met die val van die Miceense beskawing aan die einde van die Bronstydperk. Geen tekens van die skrif kom in die daaropvolgende tydperk, die Griekse Donker Eeue, voor nie. Die skrif is ontsyfer deur die jong Engelse argitek en selfgeleerde linguis Michael Ventris.
Lineêr B bestaan uit sowat 87 sillabiese tekens en meer as 100 ideogramme. Laasgenoemde simboliseer voorwerpe en artikels en het geen fonetiese waarde nie.
Dit lyk of Lineêr B tot administratiewe sentrums beperk was. Min verskillende "handskrifte" is opgemerk: 45 in Pylos en 66 in Knossos.[4] Dit lyk dus of die skrif net deur ’n gilde professionele skribas in die paleise gebruik is. Nadat die paleise vernietig is, het die skrif verdwyn.