Levotiroksien
chemiese verbinding / From Wikipedia, the free encyclopedia
Levotiroksien, ook bekend as L-tiroksien, is 'n vervaardigde vorm van die skildklierhormoon tiroksien (T4).[2][5] Dit word gebruik om skildklierhormoontekorte te behandel, insluitend die ernstige vorm bekend as Miksedema-koma. Dit kan ook gebruik word vir die behandeling en voorkoming van sekere soorte skildkliergewasse. Dit word nie aangedui vir gewigsverlies nie. Levotiroksien word oraal toegedien of deur binneaarse inspuiting gegee. Die maksimumeffek van 'n spesifieke dosis kan tot ses weke neem om voor te kom.[2]
Vrywaring: Die mediese inligting verskaf op Wikipedia dien slegs as 'n riglyn en dra geen waarborg van feitelike korrektheid nie. Enige vrae of klagtes oor u persoonlike gesondheid behoort na 'n dokter verwys te word. |
Levotiroksien | |
---|---|
CAS nommer | 51-48-9 |
Kliniese data | |
Handelsnaam | Synthroid, Levoxyl, Thyrax, Euthyrox, ander |
Toedieningsroetes | Orale toediening of binneaars |
Swangerskap gebruik | Toelaatbaar[1] |
Farmakokinetika | |
Biobeskikbaarheid | 40-80%[2] |
Metabolisme | Hoofsaaklik in lewer, niere, brein en spiere |
Eliminasie-halfleeftyd | 7 dae |
Uitskeiding | Ontlasting en uriene |
Chemiese data | |
IUSTC-naam | (S)-2-Amino-3-[4-(4-hidroksi-3,5-dijodofenoksi)-
-3,5-dijodofeniel]propanoësuur |
Smeltpunt | 311 °C[3] |
Oplosbaarheid | 0,105 mg/mL teen 25 °C[4] |
Newe-effekte van oormatige dosisse sluit in gewigsverlies, probleme om hitte te verdra, sweet, angs, slaapprobleme, bewing en vinnige hartklop. Gebruik word nie aanbeveel by mense wat onlangs 'n hartaanval gehad het nie. Die gebruik tydens swangerskap is veilig verklaar.[1] Dosisse moet gebaseer word op gereelde metings van skildklierstimulerende hormoon (TSH) en T4-vlakke in die bloed. 'n Groot deel van die effek van levotiroksien is eers na die omskakeling daarvan na trijodotironien (T3).[2]
Levotiroksien is vir die eerste keer in 1927 gesintetiseer.[5] Dit is op die lys van noodsaaklike medisyne van die Wêreldgesondheidsorganisasie[6] en is ook beskikbaar as 'n generiese medikasie.[2]