Kaïro
hoofdstad van Egypte / From Wikipedia, the free encyclopedia
Kaïro (Arabies: القاهرة, al-Qāhirah, [ælˈqɑːheɾa], luister (hulp·inligting), letterlik: "die Sterke"; Kopties: ⲕⲁϣⲣⲱⲙⲓ, Kashromi) is die hoofstad van Egipte en die grootste stad in die Arabiese wêreld. Die Egiptenaars gebruik dikwels ook die Hoog-Arabiese landnaam مصر, vir hulle hoofstad (Egiptiese Arabies: Masr).
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Egipte |
Goewerment | Kaïro |
Koördinate | 30°3′N 31°14′O |
Stigting | 969 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 606 vk km |
Hoogte bo seevlak | 68 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2018) | 9 700 000 |
- Bevolkingsdigtheid | 16 000/vk km |
- Metropolitaanse gebied | 20 439 541 |
Tydsone | UTC +2 (OET) |
Burgemeester | Atef Abd El Hamid |
Amptelike webwerf | cairo.gov.eg |
Met sy 9,7 miljoen inwoners in die stad en sowat 20,5 miljoen in die metropolitaanse gebied is Kaïro die grootste agglomerasie op die vasteland van Afrika. Dit is die vervoersentrum van Egipte en beskik oor 'n groot aantal moskees, universiteite, teaters, museums en argitektoniese besienswaardighede. Die ou stadskern van Kaïro is 'n uitstekende voorbeeld van die Islamse boustyl en sedert die jaar 1979 'n wêrelderfenisgebied van die Unesco. Kaïro staan dan ook bekend as "die stad van duisende minarette". Die Groot Piramide en Dodeakker van Giza is net buite Kaïro in die voorstad Giza, oorkant die Nylrivier, geleë. 'n Ander belangrike voorstad is Shubra El-Kheima.