Karmelberg
From Wikipedia, the free encyclopedia
Karmelberg[1] is 'n kusbergreeks in die noorde van Israel. Dit strek van die Middellandse See na die suidooste. Die bergreeks is 'n Unesco-biosfeerreservaat en Haifa, Israel se derde grootste stad, is geleë op die noordelike helling. Die Hebreeuse naam 'Karem El' beteken 'God se wingerd'. Die monnikeorde Karmeliete kry sy naam van die berg.