Suid-Afrikaanse musikant (1953-2019) From Wikipedia, the free encyclopedia
Johnny Clegg (OIS; 7 Junie 1953 - 16 Julie 2019) was 'n Britsgebore Suid-Afrikaanse mbaqanga- en Afropop-musikant en voormalige anti-apartheidsaktivis.[1][2] Hy was 'n lid van die musiekgroepe Juluka en Savuka. Hy is ook bekend as Le Zoulou Blanc (Die wit Zoeloe). Sy treffers sluit in "Scatterlings of Africa", "Impi" en "Spirit of the Great Heart".[3]
Johnny Clegg | |
---|---|
Clegg tydens 'n vertoning in Frankryk in 2009 | |
Agtergrondinligting | |
Geboortenaam | Jonathan Clegg |
Ook bekend as | Die wit Zoeloe |
Gebore | 7 Junie 1953 Bacup, Lancashire Verenigde Koninkryk |
Sterf | 16 Julie 2019 (op 66)[1][2] Johannesburg, Suid-Afrika[2] |
Genres | Mbaqanga, Afro-pop |
Beroep(e) | Sanger, musikant |
Instrumente | Kitaar, konsertina |
Jare aktief | 1980 — 2019 |
Etikette | Capitol Records |
Webwerf | www |
Deur sy musiek, maar ook deur die karakter van Juluka en Suvuka self, versprei hy die boodskap van rasseharmonie. Hiervoor is verskeie eredoktorsgrade en humanitêre pryse aan hom toegeken, onder meer die Chevalier des Arts et Lettres van die Franse regering (1991), die Orde van Ikhamanga van die Suid-Afrikaanse regering (2012) en eredoktorsgrade in musiek van die Universiteit van die Witwatersrand (2007) en die Universiteit van KwaZulu-Natal (2013).
Jonathan Clegg is op 7 Junie 1953 in Bacup, Lancashire in Engeland gebore. Hy was die seun van 'n Engelse pa en Rhodesiese ma. Sy ma se familie was Joodse boere wat van Litoue en Pole na Suid-Rhodesië geïmmigreer het. Clegg groei in Engeland, Israel, Rhodesië (tans Zimbabwe) en Zambië op, voordat hy hom in 1965 in Johannesburg vestig en in Zoeloe-straatmusiek en tradisionele Zoeloe-danse geïnteresseer raak. As jong man kombineer hy sy musikale loopbaan met sy studie in antropologie. Nadat hy afstudeer gee hy 'n tyd lank aan die Universiteit van die Witwatersrand klas, waar hy deur die werk van die Suid-Afrikaanse antropoloog Andrew Webster, wat in 1989 vermoor is, beïnvloed is.
Clegg stig in 1976 die musiekgroep Juluka (Afrikaans: "Sweet") saam met Sipho Mchunu, wat met ’n unieke vermenging van Westerse en Zoeloeklanke vorendag kom. In die apartheidsjare was dié soort samewerking egter moeilik. Om naam te maak het hulle oorsee begin toer. Die groep ontbind in 1985 omdat Mchunu huis toe moes gaan om sy pa by te staan.
Later tree hy saam met die groep Suvuka (Afrikaans: "Ons is ontwaak") op. Hulle eerste album, Third World Child, was 'n reuse internasionale sukses in 1987 (veral in Frankryk) gewees.
Vanaf die middel van die 1990's werk Clegg en Mchunu weer saam en Juluka bring weer 'n album uit. Clegg het daarna gereeld toere na Europa en Noord-Amerika onderneem.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.