Invloed van vigs op die ekonomie
From Wikipedia, the free encyclopedia
Verworwe immuniteitsgebreksindroom (vigs) is 'n toestand waarin verskeie simptome en infeksies, as gevolg van skade aan die immuniteitstelsel, na vore kom. Hierdie simptome en infeksies word veroorsaak deur die menslike immuniteitsgebrekvirus (MIV). Daar bestaan tans behandelingsmetodes wat die effekte van vigs kan vertraag, maar geen middel kan die toestand genees of die MI-virus totaal in bedwang bring nie.
MIV word oorgedra deur speeksel, bloed, semen, vaginale vloeistowwe, preseminale vloeistowwe en borsmelk.
Hierdie oordrag kan in die volgende vorms kom: anale, vaginale of orale seks, bloed-oordrag, gekontamineerde inspuitnaalde, gedurende swangerskap, geboorte of borsvoeding, of enige ander blootstelling aan liggaamsvloeistowwe.