![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/6/67/Eric_Weinstein_in_January_2019.png/640px-Eric_Weinstein_in_January_2019.png&w=640&q=50)
Intellektuele donker web
losse gedefinieerde groep van openbare persoonlikhede wat soos hulle beskou, die oorheersing van progressiewe identiteitspolitiek en politieke korrektheid in die media en die akademie teenstaan / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die intellektuele donker web (Engelsː intellectual dark web - IDW) is 'n neologisme wat deur die Amerikaanse wiskundige Eric Weinstein geskep is. Die term verwys na 'n groep openbare persoonlikhede wat soos hulle beskou, die oorheersing van progressiewe identiteitspolitiek en politieke korrektheid in die media en die akademie teenstaan.[1][2][3] Die term vergelyk idiomaties teenkanting teen die hoofstroommening met dit wat onwettig op die donker web voorkom.[4] Alhoewel dit prominent geassosieer word met regse figure en dit beskryf word as "die veronderstelde denkende vleuel van die alternatiewe-regses (alt-right)[5][6], meen talle bronne dat die IDW gekoöpteer word deur, eerder as om leiding te gee, aan die alternatiewe-regses.[7][8]
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/6/67/Eric_Weinstein_in_January_2019.png/640px-Eric_Weinstein_in_January_2019.png)