Hery Rajaonarimampianina
From Wikipedia, the free encyclopedia
Hery Martial Rajaonarimampianina Rakotoarimanana (geb. 6 November 1958) is ’n Malgassiese politikus wat tussen 2014 en 2018 as president van die land gedien het. Hy was voorheen minister van finansies onder president Andry Rajoelina.
Hery Rajaonarimampianina | |
Hery Rajaonarimampianina in 2014 | |
5de President van Madagaskar | |
Ampstermyn 25 Januarie 2014 – 7 September 2018 | |
Eerste minister | Omer Beriziky Roger Kolo Jean Ravelonarivo Olivier Solonandrasana Christian Ntsay |
---|---|
Voorafgegaan deur | Andry Rajoelina (as President van die Hoë Oorgangsowerheid) |
Opgevolg deur | Rivo Rakotovao (waarnemend) |
Persoonlike besonderhede | |
Gebore | 6 November 1958 (1958-11-06) (65 jaar oud) Antanarivo, Madagaskar |
Politieke party | Hery Vaovao ho an'i Madagasikara |
Eggenoot/-note | Voahangy Rajaonarimampianina |
Alma mater | Universiteit van Antananarivo Universiteit van Quebec, Trois-Rivieres |
Hy was die Rajoelina- politieke beweging se kandidaat in die algemene verkiesing van 2013 en het die stemme in die tweede ronde gewen toe hy Jean-Louis Robinson, die kandidaat van Marc Ravalomanana se party, uitstof.[1]
Rajaonarimampianina hou die rekord van die wêreld se staatshoof met die langste volle naam (45 karakters) sowel as van (19 karakters).[2]
Op 26 Mei 2015 het die parlement van Madagaskar gestem om die president uit sy amp te ontslaan weens "beweerde grondwetlike oortredings en algemene onbevoegdheid".[3] Die konstitusionele hof het nie die mosie toegelaat nie op grond daarvan dat die beskuldigings ongegrond en dus ontoelaatbaar was.