Heksaan
chemiese verbinding / From Wikipedia, the free encyclopedia
Heksaan is 'n organiese verbinding, 'n reguit ketting-alkaan met ses koolstofatome en het die molekulêre formule C6H14.
Algemeen | |
---|---|
Naam | Heksaan |
IUSTC-naam | Heksaan[1] |
Ander name | sekstaan[2] heksakarbaan |
Chemiese formule | C6H14 |
Molêre massa | 86,178 g•mol-1 |
CAS-nommer | 110-54-3 |
Voorkoms | Kleurlose vloeistof |
Reuk | petrolagtig |
Fasegedrag | |
Smeltpunt | -96 tot -94 °C |
Kookpunt | 68,5 tot 69,1 °C |
Digtheid | 0,6606 g•L-1[3] |
Oplosbaarheid | 9,5 mg•L-1 (in water) |
Viskositeit | 0,3 mPa•s |
Termodinamies | |
ΔfHɵ | −198,0 kJ•mol-1 |
ΔcHɵ | −4140 kJ•mol-1 |
Henry se konstante | 7,6 nmol•Pa-1•kg-1 |
Warmtekapasiteit | 265,2 J•K-1•mol-1 |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | −26 °C |
Selfontbrandingspunt | 234 °C |
LD50 | 25 g•kg-1 (oraal, rot) |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
- Moenie met hekseen of heksyn verwar word nie
Heksaan is 'n belangrike bestanddeel van petrol. Dit is 'n kleurlose vloeistof, reukloos as suiwer en met kookpunte van ongeveer 69 °C. Dit word algemeen gebruik as 'n goedkoop, relatief veilige, grootliks onreaktiewe en maklik-verdampte nie-polêre oplosmiddel.
In industrie verwys die term heksane dikwels na 'n mengsel wat grotendeels (>60%) bestaan uit heksaan, met wisselende hoeveelhede van die isomere 2-metielpentaan en 3-metielpentaan, en moontlik kleiner hoeveelhede nie-isomere C5-, C6- en C7-(siklo)alkane. Heksane is goedkoper as suiwer heksaan en word dikwels gebruik in grootskaalse bewerkings wat nie een isomeer benodig nie (bv. As skoonmaakmiddel of vir chromatografie).