Grotkuns
’n soort rotskuns wat teen die mure of dak van grotte aangetref word / From Wikipedia, the free encyclopedia
Grotkuns is ’n soort rotskuns wat teen die mure of dak van grotte aangetref word. Die term dui gewoonlik op ’n prehistoriese oorsprong, maar grotkuns kan ook onlangse kuns wees: In die Gabarnmunggrot in Noord-Australië is die oudste tekeninge ouer as 28 000 jaar, terwyl die mees onlangse tekeninge minder as ’n eeu gelede gemaak is.[1]