Groot Woordeboek Afrikaans en Nederlands
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Pharos Groot Woordeboek Afrikaans en Nederlands[1] of die Prisma groot woordenboek Afrikaans en Nederlands[1] is 'n verklarende en vertalende woordeboek. Die woordeboek vergelyk Afrikaans en Nederlands.
Kitsfeite Letterkunde-portaal ...
Groot Woordeboek Afrikaans en Nederlands | |
---|---|
Skrywer | em. prof. dr. Willy Martin (hoofredaksie) dr. Else Boekkooi prof. dr. Rufus Gouws drs. Isa Maks prof. dr. Luc Renders |
Land | België Namibië Nederland Suriname Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans Nederlands |
Genre | Woordeboek |
Uitgewer | Prisma (NL/B/SRN) Pharos (ZA/NA) |
Uitgegee | 23 April 2011 (Nederland) 24 April 2011 (België) 26 Augustus 2011 (Suid-Afrika) |
Bladsye | 2228 |
ISBN | 9781868901203 (Pharos) 9789049102562 (Prisma) |
Sluit
Die Groot Woordeboek Afrikaans en Nederlands is die eerste woordeboek in die wêreld wat twee op mekaar gelykende tale amalgameer.[2] Die woordeboek bestaan uit net een deel, waarin woorde uit beide tale deur mekaar - maar wel in alfabetiese volgorde - beskryf en vertaal word.[2] Die woordeboek word ook ANNA genoem.[3]