From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Groot Rif of Donker Rif is in sterrekunde ’n reeks oorvleuelende, donker molekulêre stofwolke tussen die Sonnestelsel en die Carina-Sagittarius-arm van die Melkweg, op ’n afstand van sowat 300 ligjare (3×1015 kilometer) van die Aarde af. Die wolke bevat na raming sowat ’n miljoen sonmassas plasma en stof.[1]
Met die blote oog lyk die Groot Rif soos ’n donker streep wat die helder strook van die Melkweg in die lengte verdeel, deur ’n derde van sy inhoud, met stroke helder sterre weerskante.[1]
Dit begin by die sterrebeeld Swaan, waar dit as die Cygnus-rif bekend is. Van daar strek dit tot by die Arend; tot by die Slangdraer, waar dit breër word; tot by die Boogskutter, waar dit die middel van die Melkweg verberg; en eindelik tot by die Sentour. Een van die belangrikste gebiede wat dit verberg, is die Cygnus OB2-assosiasie, ’n groot sterreswerm van jong sterre en een van die grootste stervormingsgebiede naby die Aarde. Soortgelyke donker stroke kan gesien word in ander sterrestelsels, soos NGC 891 in die sterrebeeld Andromeda.[2]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.