Gis
From Wikipedia, the free encyclopedia
Gis is 'n eukariotiese mikro-organisme (enkelselorganisme) wat deel vorm van die swamkoninkryk met ongeveer 1 500 spesies wat reeds geïdentifiseer is.[1] Daar word beraam dat hulle ongeveer 1% van alle swamspesies uitmaak.[2] Alhoewel giste enkelselorganismes is, kan sekere spesies kettings vorm waar die onafhanklike selle nie skei na ontkieming nie, en 'n pseudohife vorm as gevolg hiervan.[3]
Gis | |
---|---|
Gis van die spesie Saccharomyces cerevisiae, waarmee jogurt gemaak word | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Phylum en Subphyla | |
|
Die grootte van 'n gissel verskil baie en is afhanklik van die gisspesie en die omgewing waarin dit leef. 'n Gissel is so 3–4 µm in diameter, alhoewel sekere giste tot 40 µm kan groei.[4] Die meeste giste vermeerder deur 'n asimmetriese verdelingsproses wat as ontkieming bekend staan.
Giste is nie 'n enkele taksonomiese eenheid nie, maar eerder 'n groep organismes wat 'n soortgelyke voorkoms toon. Die woord "gis" word gereeld gebruik as 'n sinoniem vir Saccharomyces cerevisiae,[5] maar die giste kan in een van twee aparte fila geplaas word, die Ascomycota en die Basidiomycota. Die ontkiemende giste ("ware giste") word onder die orde Saccharomycetales geplaas.[6]