Gemeenskaplike Monetêre Gebied
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Gemeenskaplike Monetêre Gebied, kort GMG (Engels: Common Monetary Area, CMA), is 'n monetêre unie tussen die Suider-Afrikaanse lande Lesotho, Namibië, Suid-Afrika en Eswatini. In hierdie vier lande is die Suid-Afrikaanse rand 'n wettige betaalmiddel, hoewel Lesotho (Loti), Namibië (Dollar) en Eswatini (Lilangeni) ook hul eie betaalmiddels gebruik. Hulle word egter gelykgestel aan die rand met een-tot-een-wisselkoerse, en daar is geen onmiddellike vooruitsig vir verandering nie. Buitelandse valuta-regulasies en monetêre beleid regdeur die GMG word basies deur die Suid-Afrikaanse Reserwebank besluit, met baie beperkte grade van vryheid vir die kleiner lidlande. Die Gemeenskaplike Monetêre Gebied se amptelike taal is Engels.