Garhwali
From Wikipedia, the free encyclopedia
Garhwali (गढ़वळि भाख) is 'n Indo-Ariese taal wat deur sowat 2,5 miljoen mense in die Indiese deelstaat Uttarakhand gebesig word. Dit word veral deur die Garhwali's in die Garhwal-streek van die noordelike Indiese deelstaat Uttarakhand in die Indiese Himalaja gebesig.
Kitsfeite Garhwali गढ़वळि भाख, Taalkodes ...
Garhwali गढ़वळि भाख | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Indië | |
Gebied: | Suid-Asië | |
Totale sprekers: | 2,5 miljoen[1] | |
Taalfamilie: | Indo-Europees Indo-Irannees Indo-Aries Noordelike sone Garhwali | |
Skrifstelsel: | Devanagari | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: | ||
ISO 639-3: | gbm | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Sluit
Garhwali word in 'n aantal dialekte verdeel en is veral verwant aan Kumaoni wat verder oos gepraat word. Die taal word met die Devanagari-alfabet geskryf.[2]
Garhwali is nie 'n bedreigde taal nie (Ethnologue lys dit as "lewenskragtig"); dit word nietemin as "kwesbaar" aangewys in Unesco se Atlas van die wêreld se tale in gevaar, wat daarop dui dat die taal konsekwente bewaringspogings benodig.[3]