Capri
From Wikipedia, the free encyclopedia
Capri (Italiaans: [ˈkaːpri]) is ’n rotseiland en gewilde vakansiebestemming naby die stad Napels in die suide van Italië.[1] Capri is - as een van drie eilande in die Golf van Napels (die twee ander is Ischia en Procida) - in die Italiaanse provinsie Kampanië geleë en beslaan 'n oppervlakte van 10,4 km². Die eiland bestaan uit kalksteen en is bergagtig met steil kranse, maar het ook plat stukke. Die hoogste punt is Monte Solaro (589 meter). Daar is twee dorpe: Capri en Anacapri.
Capri | |
---|---|
Nasa-Satellietbeeld van Capri | |
Geografie | |
Ligging | Italië, Middellandse See |
Koördinate | 40°33′03″N 14°14′36″O
|
Oppervlakte | 10,4 vk km |
Hoogste punt | Monte Solaro 589 m |
Administrasie | |
Italië | |
Streek | Kampanië
|
Hoofstad | Capri |
Grootste stad | Capri (7 278)
|
Demografie | |
Bevolking | 12 200 |
Bevolkingsgroepe | Italianers |
In die somer word die eiland druk deur beide Italiaanse en buitelandse toeriste besoek. Die eiland het twaalf kerke en sewe museums, maar die bekendste aantreklikheid is die Blou Grot (Italiaans: Grotta Azzurra). Talle feeste word jaarliks aangebied, waaronder 'n internasionale filmfees.
'n Aantal geregte is na die eiland genoem, onder andere:
- Insalata caprese
- Pizza Caprese
- Torta Caprese