Bredasdorp
From Wikipedia, the free encyclopedia
Bredasdorp (IFA: brə'dɑ:sdɔrp) is ’n dorp in die suidelike Overbergstreek van die Wes-Kaap, Suid-Afrika, en vorm die ekonomiese hart van dié gebied. Dit is aan die noordelike kant van die Agulhasvlakte geleë, sowat 160 km suidoos van Kaapstad en 35 kilometer noord van Kaap Agulhas, die mees suidelike punt van Afrika. Dit is tans ook die gebied waar die meeste jeugmisdaad, wat met bendegeweld gepaardgaan, in die Overbergstreek voorkom. Jaarliks is die dorp gasheer vir die Voet van Afrika-marathon, die Agri Megaweek en die Hartklop Christusfees. Elke tweede jaar is daar 'n byeenkoms van vliegtuie (fly-in) by die nabygeleë Lugmagbasis Overberg.
Kitsfeite Land, Provinsie ...
Bredasdorp | |
---|---|
'n Uitsig oor Bredasdorp | |
Byname: B-dorp (uitgespreek: Bie-dorp) | |
Koördinate: 34°32′00″S 20°02′30″O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Wes-Kaap |
Distrik | Overberg |
Munisipaliteit | Kaap Agulhas |
Stigting | 1838 |
Oppervlak | |
• Totaal | 25,15 km2 (9,71 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 15 524 |
• Digtheid | 617/km2 (1 600/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 19.0% |
• Indiërs/Asiërs | 0.4% |
• Bruin mense | 66.5% |
• Swart mense | 12.7% |
• Ander | 1.3% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 83.1% |
• Xhosa | 7.5% |
• Engels | 4.3% |
• Ander | 5.0% |
Poskode (strate) | 7280 |
Poskode (posbusse) | 7280 |
Skakelkode | 028 |
Sluit