Beaufort-Wes
From Wikipedia, the free encyclopedia
Beaufort-Wes (Engels: Beaufort West) is die hoofdorp van die Groot Karoo met sowat 34 000 inwoners (2011) en 'n oase vir reisigers onderweg op die N1 nasionale pad tussen die Suidwes-Kaap en die Vrystaat en Gauteng, en op die N12 nasionale pad tussen die Suid- en Noord-Kaap. Die R61-provinsiale roete na die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal draai ook hier weg. Verder is dit 'n belangrike administratiewe, opvoedkundige, landbou-, handel- en vervoersentrum.
Kitsfeite Beaufort-Wes, Land ...
Beaufort-Wes Beaufort West | |
---|---|
Die NG gemeente Beaufort-Wes se kerkgebou, ontwerp deur James Bisset. | |
Koördinate: 32°21′0″S 22°35′0″O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Wes-Kaap |
Distriksmunisipaliteit | Sentraal-Karoo |
Plaaslike Munisipaliteit | Beaufort-Wes |
Stigting | 1818 |
Oppervlak | |
• Totaal | 56,5 km2 (21,8 vk. myl) |
Hoogte | 650 m (2 130 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 34 085 |
• Digtheid | 600/km2 (2 000/vk. myl) |
Tydsone | UTC+2 (SAST) |
Poskode | 6970 |
Skakelkodes | 023 |
Sluit