93ste Oscar-toekenningsaand
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die 93ste Oscar-toekenningsaand is deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences in Union Station en die Dolby-teater in Hollywood, Los Angeles, gehou om met Oscars, ook bekend as Academy Awards, erkenning te gee aan die rolprente van 2020 en vroeg in 2021.
Kitsfeite
93ste Oscar-toekenningsaand
| ||
Datum | 25 April 2021 | |
Plek | Union Station en Dolby-teater, Hollywood | |
Pryse & benoemings | ||
Beste rolprent | Nomadland | |
Beste regisseur | Chloé Zhao | |
Beste akteur | Anthony Hopkins | |
Beste aktrise | Frances McDormand | |
Meeste pryse | Nomadland (3) | |
Meeste benoemings | Mank (4) |
Sluit
Dit is op 25 April 2021 gehou – twee maande later as wat aanvanklik beplan is, weens die uitwerking van Covid-19. Daarmee is die tydperk waarin rolprente in aanmerking kon kom tot 28 Februarie uitgestel. Die benoemdes is op 15 Maart 2021 aangekondig.[1] Die Suid-Afrikaanse dokumentêre film, My Octopus Teacher het die toekenning gewen vir die beste dokumentêre film.[2]