Map Graph

Zeerust

Zeerust is 'n kommersiële dorp in die Ngaka Modiri Molema-distrik in Noordwesprovinsie, Suid-Afrika. Die dorp is geleë in die Maricovallei, 135 kilometer wes van Rustenburg en ongeveer 240 kilometer noordwes van Johannesburg. Die N4 nasionale pad, die hoofverbindingsroete tussen Suid-Afrika en Botswana, loop ook deur die dorp. Groot beesplase word in die gebied gevind, sowel as koring-, mielie-, tabak- en sitrusplase. Daar is ook fluoriet- en chromietmyne in die omgewing. Toerisme vorm 'n vinnig-ontwikkelende bedryf.

Read article
Lêer:A_street_in_Zeerust.jpgLêer:South_Africa_North_West_location_map.svg