Rhode Island
staat van die Verenigde State van AmerikaRhode Island is 'n deelstaat in die Nieu-Engeland-streek van die Verenigde State van Amerika. Dit is die kleinste van die vyftig Amerikaanse deelstate met 'n oppervlakte van 3,144 vierkante kilometers – maar ook dié met die langste amptelike naam. Die hoofstad en grootste stad is Providence. Rhode Island het 'n bevolking van omtrent een miljoen en was die 13de deelstaat wat tot die Unie toegelaat is. Die naam Rhode Island verwys na Aquidneck Island, wat ook Rhode Island genoem is. Providence Plantations verwys na die vasteland. Die Italiaanse seevaarder Giovanni da Verrazzano was die eerste Europeër om die gebied te besoek. Rhode Island word in die noorde en ooste deur Massachusetts en in die weste deur Connecticut begrens. Die Atlantiese Oseaan lê in die suide.