Map Graph

Nakop

Nakop is een van die grensposte tussen Suid-Afrika en Namibië. Dit lê op die N10 nasionale pad in die rigting van Ariamsvlei en Karasburg in Namibië. Dit is 2 km oos van die werklike grens en 10 km van Ariamsvlei. Nakop lê 138 km noordwes van Upington en 134 km oos van Karasburg. Die Nakop-grenspos is heeljaar en 24-uur oop. Aan die Namibiese kant is die grenspos aan die oostekant van die dorp Ariamsvlei op die pad B3.

Read article
Lêer:South_Africa_Northern_Cape_location_map.svg