Map Graph

Modderfontein

Modderfontein het sy ontstaan te danke aan die goudindustrie. Na die ontdekking van goud was mynplofstowwe in groot aanvraag. Die De Zuid Afrikaansche Fabrieken voor Ontplofbare Stoffen Beperkt maatskappy is gestig in 1894. Bouwerk aan die fabriek het op die plase Modderfontein en Klipfontein begin; 'n perseel van 2 400 ha. President Paul Kruger het die fabriek in 1896 geopen. Dit het blyplek aan 2 000 mense verskaf. Na die fabriek geopen is, was 80 000 kissies dinamiet van 25 kg elk per jaar gelewer. Die produksie is gou verhoog na 240 000 kissies per jaar.

Read article
Lêer:South_Africa_Gauteng_location_map.svgLêer:All_That_Was_Left_of_Them_(17th_Lancers_at_Moddersfontein).jpg