Map Graph

Maleise Argipel

Die Maleise argipel is 'n groot argipel in Suidoos-Asië tussen die Indiese in die suidweste en die Stille Oseane in die noordooste wat vanaf die Maleise Skiereiland in die noordweste tot die kontinent Australië in die suidooste langs die ewenaar streek. Dit word as die grootste argipel ter wêreld beskou en is met 'n bevolking van sowat 390 miljoen ook die mees bevolkte argipel. Nieu-Guinee word soms ook by die Maleise argipel ingesluit, hoewel dit op die vastelandsplat van die kontinent Australië geleë is. Nieu-Guinee word algemeen as deel van Oseanië en Melanesië beskou, wat van Indonesië 'n transkontinentale land maak. Saam met Australië, Nieu-Seeland, Melanesië en Nieu-Guinee is die Maleise argipel vroeër onder die benaming Australasië saamgesluit. In die grootste deel van die argipel word die Maleis-Polinesiese tale gepraat en met die uitsondering van Oos-Timor is al die lande lede van die ASEAN.

Read article
Lêer:Insulinde1.PNGLêer:Location_Malay_Archipelago.pngLêer:Insulindia.PNGLêer:InsulindiaMap.pngLêer:Oost_Indische_Archipel.jpgLêer:Indies.PNGLêer:Location_Philippines_ASEAN.svgLêer:Map_of_Maluku_Islands-en.svgLêer:LocationSundaIslands.svgLêer:Indonesia_Wallacea.svg