Kgoši Mampuru II-bestuursgebied
Die Kgoši Mampuru II-bestuursgebied, voorheen die Pretoria Sentraal-gevangenis, is 'n tronk in Pretoria, Suid-Afrika. Dit word deur die Suid-Afrikaanse Departement van Korrektiewe Dienste bestuur. Die tronk is in April 2013 deur pres. Jacob Zuma na die huidige naam hernoem ter herdenking aan kgosi Mampuru, wat op 22 November 1883 weens openbare geweld en die moord op Sekhukhune in die tronk gehang is.
Read article