Jonkershoek-natuurreservaat
natuurreservaat in die Wes-Kaap, Suid-AfrikaJonkershoek-natuurreservaat lê 10 km suidoos van Stellenbosch in die Wes-Kaap. Noord van die reservaat is die Hottentots-Hollandberge. Die reservaat sluit die Assegaaibosch-natuurreservaat in, asook die Jonkershoekberge en die boonste dele van Jonkershoekvallei. Dié berge is ook die plek waar die Eersterivier en die Bergrivier ontspring. Die Eersterivier stroom vervolgens deur Jonkershoek op pad na Valsbaai. Die oppervlak van die reservaat is 11 000 hektaar.
Read article