Hutchinson
nedersetting in die Noord-Kaap, Suid-AfrikaHutchinson is 'n gehuggie en spoorwegaansluiting 12 km suidoos van Victoria-Wes en 77 km wes van Richmond in die provinsie Noord-Kaap. Dit is met die aanlê van die spoorlyn na die Noorde, as gevolg van die ontdekking van diamante, in 1885 gestig. Die stasie het eers as Victoria-Wes-Weg bekend gestaan, maar is in 1901 hernoem ter ere van sir Walter Hely-Hutchinson, goewerneur van Natal van 1893 tot 1901 en van die Kaapkolonie van 1901 tot 1910. Die R63-provinsiale roete gaan deur die nedersetting.
Read article