Map Graph

Groot-Antille

Die eilande van die Karibiese See, wat ook onder die term Wes-Indiese eilande saamgevat word, bestaan uit die Lucayan-argipel, die Klein-Antille en die Groot-Antille. Die Groot-Antille sluit Kuba, Jamaika, die Kaaimanseilande, Hispaniola met die lande Haïti in die weste en die Dominikaanse Republiek in die ooste, en Puerto Rico in. Die kleiner eilande in die omgewing van die vier groot eilande word soms as deel van dié eilandgroep beskou. Die Groot-Antille bestaan uit kontinentale rots, terwyl die Klein-Antille meestal uit jong vulkaniese rots of koraaleilande bestaan. Die Groot-Antille beslaan meer as 90% van Wes-Indië se oppervlakte en huisves ook meer as 90% van die bevolking.

Read article
Lêer:Meerenge_NASA_World_Wind_Globe_1.jpgLêer:Caribbean_-_Greater_Antilles.PNGLêer:LocationGreaterAntilles.png
Nearby Places
Thumbnail
Wes-Indië