Giant's Causeway
Die Giant's Causeway is 'n rotsformasie van vulkaniese oorsprong en een van die natuurwonders van Ierland, geleë langs die noordkus van die Noord-Ierse graafskap Antrim, sowat drie myl noordoos van Bushmills en sowat 60 myl noordwes van Belfast. Die formasie, wat sy ontstaan aan afkoelende lawastrome te danke het, bestaan uit sowat 40 000 simmetriese vertikale basaltkolomme met hoogtes van tot ses meter wat inmekaarpas soos 'n heuningkoek. Dit is deur Unesco in 1986 tot wêrelderfenisgebied verklaar. Binne die Verenigde Koninkryk het dit sedert 1987 die status van nasionale natuurreservaat.
Read article