Foedji
berg op die grens van die Shizuoka en Yamanashi prefekture, JapanFoedji luister (hulp·inligting), is teen 3 776 m bo seevlak die hoogste berg in Japan. Dit is 'n dormante vulkaan wat in 1707–1708 laas uitgebars het. Dit is geleë op die grens van die Shizuoka en Yamanashi prefekture net wes van Tokio van waar dit op 'n helderlugdag gesien kan word. Dit is dus naby die Stille Oseaankus van sentrale Honsjoe geleë. Drie klein stede is om die berg geleë, naamlik: Gotemba (oos), Foedjijosjida (noord) en Foedjinomija (suidwes). Saam met die Japannese Alpe vorm Berg Foedji die belangrikste gebergtes van die Japanse Argipel.
Read article